|
Bome wissel in grootte, en daar is bladwisselende en
immergroen soorte. Sommige bome word 'n paar jaar oud maar ander kan honderd jaar of ouer
word. Die jaarringe van bome kan help om die ouerdom van bome te bepaal. Bome
se stamme wissel in breedte en sommiges soos die kremetartbome wat so baie in die Noord-Transvaal te siene is, is geweldige dik. Daar is ook bome wat tot oor die 300 voet hoog
word. Bome skep eintlik maar 'n ekologie van hul eie, omdat hulle talle ander diere soos
insekte, voëls en soogdiere soos primate, bokke, ens., van skuiling en woonplek voorsien.
Die reënwoude bly van die mooiste en belangrikste dele in die wêreld en sulke
gebiede behoort bewaar te word. Daar is soveel wonderlike spesies wat net in bepaalde
woude en boomryke gebiede voorkom, dat die bewaring van daardie gebiede groter aandag
behoort te geniet.
Bome speel ook 'n baie groot rol by die bewaring van grond, omdat dit
gronderosie help voorkom. Boere wat met vrugte 'n inkomste maak ken die belangrikheid van
vrugtebome. Ons voedelselbronne word baie aangevul met boomvrugte soos appels, kersies,
lemoene en ander sitrusvrugte, pere, appelkose, perskes, amandels en nog baie ander. Ons
daaglikse etes sal baie saai wees sonder hierdie heerlike vrugte. |