Insekte

 

Tuis|HomeWoudeOlifantePrimatePatagoniëRotseKapibaraVoëlsReptieleTroeteldiereHondeKatteSeisoeneWeerTuineBomeBlommeRoseTulpeLeliesInsekteAnder

Gratis Advertensies ** Free Ads

 

 Opgedateer: 25 Januarie 2010 ** Updated: January 25, 2010

Soek in hierdie webwerf  

 

Insekte

Insekte is deel van die phylum Artropode. Ander klasse in hierdie hoofgroep is diere soos krappe, krewe, spinnekoppe, skerpioene, duisendpote en nog talle ander. Die insekte is egter die grootste klas met meer as 900,000 spesies.

Perdeby
Kliek foto vir groter weergawe

 

Insekte word uitgeken aan die feit dat hulle geleedpotig is met 'n eksoskelet en gewoonlik 3 pare pote en die meerderheid het ook vlerke.

Insekte kom in die meeste wêrelddele voor. Van die insekryke oerwoude waar dié diertjies in hul veelvoudige en veelkleurige vorms voorkom, tot die koue Antartika. Van die dorre woestyne tot die diep grotte met hoë humiditeit. Sommige insekte kom oor wye gebiede voor en andere weer net in baie spesifieke areas.

Insekte verskil in grootte, kleur en vorm. Daar is saamgestelde oë, enkelvoudige ogies kan ook wel voorkom en die monddele word vir verskeie funksies aangewend soos byt, suig of prik. Die gelede voelhorings dien vir tas, reuk, sowel as kommunikasie. Die bors wat uit drie segmente bestaan, het elk 'n paar gelede pote en meestal ook twee stelle vlerke.

Iets interessants wat by sommige insekte voorkom, is metamorfose. Daar is twee soorte metamorfoses. Die volledige en die onvolledige vorms. Insekte lê eiers en by die volledige metamorfose kom daar 'n ruspe uit die eiertjies, wat dan later 'n papie word, waaruit die volwasse insek na vore kom.

Sommige insekte het nie 'n papie-stadium nie, maar daar is gewoonlik dan 'n nimf-stadium.

Insekte en Wurms
Kliek foto vir groter weergawe

Skoenlappers is so pragtig kleurvol en baie gewild. Baie mense stel belang in hulle en neem graag foto's en lees op oor dit. Daar is selfs vlindertuine in plekke soos Maleisië en in spesiaal geskepte areas van dieretuine reg oor die wêreld.

 

Mens is terdeë bewus van die skade wat insekte kan aanrig. Die boerderybedryf, tuinbou en talle ander plekke het baie kere probleme met dié klein diertjies. Insekte dra ook siektes oor. Die 10 plae waarvan in die Bybel gepraat word, het oa muskiete, steekvlieë en sprinkane genoem as plae.

 

Tog is daar ook groot waarde en nut by sommige insekte. Daar is byvoorbeeld die afbreek van afvalstowwe wat deur meeste insekte gedoen word. Die bestuiwing van plante, wat noodsaaklik is vir vrugwording, voedsel en saad is 'n uiters belangrike taak van insekte. Insekte is ook 'n voedselbron vir ander diere en benewens bye se geweldige bydrae aan bestuiwing van vrugtebome, ander voedselsoorte, blomsoorte ens, verskaf hulle ook heerlike en gesonde heuning.

Insekte: Vlinders of skoenlappers
Kliek foto vir groter weergawe

Vir meer inligting oor insekte besoek enige van die volgende webtuistes.
Terug na ADSA

 

 

Tuis|Home
Woude
Olifante
Primate
Patagonië
Rotse
Kapibara
Voëls
Reptiele
Troeteldiere
Honde
Katte
Seisoene
Weer
Tuine
Bome
Blomme
Rose
Tulpe
Lelies
Insekte
Ander

Tuis|HomeWoudeOlifantePrimatePatagoniëRotseKapibaraVoëlsReptieleTroeteldiereHondeKatteSeisoeneWeerTuineBomeBlommeRoseTulpeLeliesInsekteAnder

Die mens en sy dinge

Rekenaarwenke

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

     
ADSA Free Ads * ADSA Gratis Advertensies

ADSA Advertensie-Diens vir die Christelike gemeenskap (engeltjie en hondjie)

 Download Bibles

Bybels vir Aflaai

 

ADSA vir Klein Advertensies

ADSA © 1998-2010
Verontskuldiging ** Disclaimer

ADSA for Small Ads