Katte

 

Tuis|HomeWoudeOlifantePrimatePatagoniëRotseKapibaraVoëlsReptieleTroeteldiereHondeKatteSeisoeneWeerTuineBomeBlommeRoseTulpeLeliesInsekteAnder

Gratis Advertensies ** Free Ads

 

 Opgedateer: 25 Januarie 2010 ** Updated: January 25, 2010

Soek in hierdie webwerf  

 

Kat op stoel by gehekelde kombersie
Groter weergawe

Skattige Katte

Die katsoorte sluit in diere soos luiperds, leeus, jagluiperds, rooikatte, jaguars, tiers, die sneeuluiperds en dan ook die huiskat.

In die antieke tyd is katte soms aanbid en soms vernietig. Baie bygelowe is deel van die huiskat se geskiedenis, maar ons weet deesdae van beter. Die huiskat is al eeue deel van die mens se lewe. Net soos honde, het hierdie troeteldiere baie mense se harte gesteel.

 

Katte is nogal baie onafhanklik van geaardheid. Hulle was aanvanklik aangehou in plekke soos kloosters, skure, groot geboue, tonnels en soortgelyke areas, om muis- en rot-aanwas te beperk. Sodoende is plae wat deur knaagdiere en hul vlooie, luise of ander siektes oorgedra was, onder beheer gehou.

Daar is 'n hele aantal soorte huiskatte. Dit sluit in onder andere: Siamese katte, die Birmese en Persiese katte, die Europese katte en nog talle meer.

 

Katte wissel van kleur en die pels kan kort of lank wees, soos by die Persiese katsoorte, asook glad of gegolf. Die pelskleure wissel geweldig. Daar is die donker- en liggrys gestreepte katte, of sg. "tabby"-tipe, die swartes met die wit vlek op die bors en aan die pootjies. Dies met die skilpaddop-patroon op die rug, die lig bruingeel van die Siamese katte, die dowwe effekleurige grys van die langhaartipes, asook spierwittes en nog vele, vele meer. Katte het gewoonlik lang sterte, maar stompstertkatte kom ook hier en daar voor.

Pragtige geel-bruin kat
Groter weergawe

 

Klein katjies is baie spelerig, maar selfs ouer katte kan nog heerlik speel met 'n bol wol of stukkie toutjie. 'n Nat sagte neusie en skoon pienkkleurige oortjies is 'n teken van 'n gesonde klein katjie. Katte het snorretjies en lang ooghare waarmee die geringste beweging in lug waargeneem kan word.

 

Mooi grys kat
Groter weergawe

Katte het gereelde eettye met gebalanseerde etes en voldoende skoon water nodig. Klein katjies het 4 etes 'n dag nodig wat later na 3 en dan 2 etes 'n dag afgeskaal kan word soos die kat groei en volwasse word. Katte geniet dit om geborsel te word en veral langhaarkatte baat by dit. Strek en rek is een van hul daaglikse roetines.

 

Katte is nuuskierig van geaardheid en oop kasdeure, kartonne, mandjies en selfs laaie het groot aantrekkingskrag. Oulike speelgoedjies soos viltmuise, veertjies op toutjies en selfs klein sagte speelgoedjies soos balletjies of poppies, is deesdae beskikbaar. Groot katklimhuise of kunsmatige krappaaltjies vir woonstelbewoners se katte, is deesdae te koop. Katleibandjies is ook te kry vir persone wat graag met hul katte wil gaan stap.

 

Katjies kan vir die eerste 2 na 3 weke nie baie goed hoor nie, maar sommer gou is hulle gehoor selfs beter as dié van honde. Hul ogies is toe as hulle gebore word, maar kort voor lank gaan die ogies egter oop en begin die spelery met hul boeties- en sussie-katjiefamilielede. Dis dan dikwels 'n wilde rondgespring, gestoei, hop en trippel, gejaag en omgetuimel soos die katjies speel en met dolle vaart rondbaljaar.

Skattige klein katjie
       Groter weergawe

Na so 'n heerlike speelsessie volg gewoonlik 'n rustige slaapsessie. Katte is nogal gedugte slapers en kan soveel as 17 uur per dag (~70% van 'n dag) slaap, as hulle toegelaat word! Dalk is dit die rede vir hul slanke, soepel lywe.

Katte het 'n goeie was-roetine. Die sagte gekussingde voorpoot word gelek en dan word die gesig skoongemaak. Die res van die lyf word ook geroetineerd gelek met 'n rasper growwe tong. Die naels is halfmaan gekrom en vlymskerp. Dit word elkeen onafhanklik teruggetrek in 'n naelskedetjie, as die kat nie boomklim of prooi eet of die naels nodig het nie.

Dié van ons wat al katte gehad het vir troeteldiere, weet hoe slim hulle is en dat hulle heerlike geselskapsdiere is. Katte bly bobaas-troeteldiere, wat bydra tot ons lewensvreugde.

Skakels met meer ditjies en datjies oor katte:

www.cfa.org (Verskeie rasse)
kids.cfa.org (Vir kinders wat meer wil weet van katte)
www.bengalcat.net
www.groovycatsanddogs.com (Foto's van kattruitjies en katpakkie "tuxedo")
www.moderncat.net (Oulike klimapparaat) asook skreeusnaakse speelgoedjies vir katte by: www.moderncat.net/toys
www.petsalley.com (Katklimapparaat of -krappale)
www.petsalley.com (Allerlei katspeelgoedjies)
www.purina.ca (Katte wat heldedade verrig het)
www.purina.com (Katvoeding)
www.petmedsonline.org (Vriendelike katte)

 

 

 

Slaap, O wondersoete ding...

Katjie slaap rustigDis nie net digters wat slaap in hul verse besing nie. Deesdae het wetenskaplikes ook heelwat te sê oor die nut van slaap. Of dit nou mense, wilde diere of oulike troeteldiertjies soos katjies is, almal het slaap nodig. Slaap word ook 'n al hoe kosbaarder kommoditeit, as mens hoor dat dit dalk ook daardie oortollige vetrolletjies kan help wegbrand. Moeilik om te glo né. Tog lyk dit asof 'n goeie slaaproetine baie meer doen as om net die liggaam 'n ruskansie te gee.

Katte is nogal gedugte slapers en kan soveel as 17 uur per dag (70% van 'n dag) slaap, as hulle toegelaat word! Dalk is dit die rede vir hul slanke, soepel lywe. Vir meer inligting sien:

 
www.spca.org/site/DocServer/PIC-Sleeping_Cats

Terug na ADSA

 

 

Tuis|Home
Woude
Olifante
Primate
Patagonië
Rotse
Kapibara
Voëls
Reptiele
Troeteldiere
Honde
Katte
Seisoene
Weer
Tuine
Bome
Blomme
Rose
Tulpe
Lelies
Insekte
Ander

Tuis|HomeWoudeOlifantePrimatePatagoniëRotseKapibaraVoëlsReptieleTroeteldiereHondeKatteSeisoeneWeerTuineBomeBlommeRoseTulpeLeliesInsekteAnder

Die mens en sy dinge

Rekenaarwenke

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

     
ADSA Free Ads * ADSA Gratis Advertensies

ADSA Advertensie-Diens vir die Christelike gemeenskap (engeltjie en hondjie)

 Download Bibles

Bybels vir Aflaai

 

ADSA vir Klein Advertensies

ADSA © 1998-2010
Verontskuldiging ** Disclaimer

ADSA for Small Ads