|
 |
Patagonië Die naam Patagonië beteken
na bewering
"groot voet", so genoem toe Ferdinand Magellaan daar oorwinter het
in 1520. Dit is met verwysing na die groot pelsskoene en -stewels wat gedra is deur die
inwoners van die omgewing, die Tehuelches.
Patagonië is daardie wonderlike, unieke deel van die wêreld wat geleë is aan
die suidelike deel van Suid-Amerika, waar die Atlantiese- en Stille Oseaan mekaar ontmoet.
Dit vorm deel van Argentinië en Chili en sluit die bekende Straat van
Magellaan in. Dit
lê uitgestrek oor die twee lande en sluit 'n aantal gebiede in, oa. die volgende:
Calafate, Bariloche, Puerto Madryn en Tierra del Fuego. |