|

Kliek foto vir groter
weergawe |
Primate
Primate is 'n baie interessante groep soogdiere.
Primate sluit in diere soos die gorillas en sjimpansees, orang-oetangs
van Borneo en kleine aapsoorte, soos gibbons of langarmape. Daar is nog
ander soos die bobbejaangroepe, die lemurs en die dwergapies.
Gorillas is groot diere wat sterk is, tot so veel
as 400 pond kan weeg en so groot as 6 voet hoog kan staan. Hulle woon
saam in
familiegroepe of troppe en is 'n bedreigde spesie weens die jag op
hulle. Oorlog, die verwoesting van die woude waarin hulle leef en kos
moet vind, en die mens se sinnelose jag het hulle byna tot uitsterf
gedruk. |
|
Die orang-oetang met sy roesbruin hare is die tweede
grootste van die groep van primate. Waar gorillas meestal op die grond
te kry is, is hulle eintlik merendeels in bome te siene. Hulle bou
hul "nes" of rus- en slaapplek met takke. Die geweldige belangstelling
in hierdie diere en hul bewaring het daartoe gelei dat spesiale
tou-wandel-areas geskep is, sodat toeriste die diere in die natuurlike
omgewings kan besigtig. Die bobbejane is welbekend in Afrika, maar vir buitelandse besoekers is die bobbejaan iets
hoogs amusants om te sien. Bobbejane, wat ook in familiegroepe woon, was
iets allerdaags op plase so kort as 50 jaar gelede, maar met die
verstedeliking het bobbejane se natuurlike leefareas vernietig geraak.
Bobbejane eet vrugte, veldknolle en plante, wurms en insekte, ens. Ou
Kees kom in talle letterkundige Afrikaanse werke voor, omdat die
interessante feite en vertellinge oor die diere, asook hulle manewales,
skrywers aanspoor en boei.
Daar is ook oulike aapsoorte, soos die tipiese
grysapies van Afrika, wat veral die gebiede langs die groot Afrikariviere, as woon en leefplekke geniet, omdat groot Soet- en Apiesdoringbome sulke
gewilde boomsoorte vir hulle is. Daar is talle soorte grysapies en hulle eet
heerlik aan goed soos bessies, wildevrugte en boomgom. Nog soorte om hiermee
saam te noem is die mangabeis, die makake, die mandril van Wes-Afrika en
die syapie (van die Malabarkus) met sy pragtige wit manteltjie op die
rug.
Die langarmape of slingerape, soos die neusape en
brulape, is baie soepel en atleties en die lang stert word
soos 'n ekstra hand gebruik. Langarmape kom in 'n verskeidenheid kleure
voor. Vanaf wit, room, grys en bruin tot swart. Hulle word bv aangetref in
China se woude, asook in plekke soos Maleisië.
| Die lemurs, wat ook soms halfape genoem word, is
ook deel van die primate groepe. Madagaskar is bekend vir sy
eienaardige soort lemurs, met soveel as 90 of meer soorte. Ander
noemenswaardige diertjies in die lemur groep is die nagapies van Afrika.
Ape is hoofsaaklik vegetariërs, maar die nagjagtertjies, soos nagapies, sal ook
insekte soos motte vang. So lewer die klein nagapie 'n bydrae met
kruisbestuiwing tydens die oopgaan van die kremertartboomblomme in die
aand. Soos dié klein grootoog-diertjies na allerlei nektar soek, sal dit
bv. ook motte vang en eet as hulle ene raakloop. By hierdie groep moet
ook die spookapies of -diertjies (Tarsius tarsius) van
Indonesië genoem word. Hierdie klein ou nagdiertjies het kenmerkende groot oë, net
soos die nagapies. |

Kliek foto
vir groter weergawe |
Die Suid-Amerikaanse woude spog met hul eie
primate, soos die wolaap en daar is baie kleiner soort apies te vinde
in die woude. Onder hulle is die Kapusynerapie, 'n baie onrustige soort
diertjie en die spinnekop-apie met die oulike parmantige gesiggie. Daar
is ook die eekhoringagtige dwergapies of marmosette.
Die primate is 'n besondere groep soogdiere
waaroor mens nie maklik uitgepraat sal raak nie. Wetenskaplikes ontdek
ook nog gedurig nuwe dinge oor hulle. Ape en bobbejane het die mens so
beïndruk, dat ons bv. baie aap en bobbejaan uitdrukkings geskep het.
die aap uit die
mou laat |
die bobbejaan
agter die berg
gaan haal |
jou 'n volslae
aap skrik |
jy lyk 'n mooi
aap |
aap wat ben je
'n mooi jonge |
die aap se stert
weet dit |
bobbejane het
daar 'n kierie
nodig |
jou 'n apie lag |
is
almal bekende
uitdrukkings wat
daagliks gebruik word in
Afrikaans. Boonop is
daar ook nog talle bome,
blomme of dier- en
plantname met die woord
aap of
bobbejaan in soos:
apievanger,
bobbejaanskoen, apekos,
bobbejaanslinger,
bobbejaantjies,
bobbejaanklapper, aapkop,
bobbejaankos,
bobbejaankers, apiesdoring, ens.
Om jou soos 'n bobbejaan te gedra, is swak maniere
en dis niks lekker om 'n aap te wees nie, maar vir aapstreke moet mens
soms tydmaak om die spanning, wat die daaglikse take oplaai, so effe te
probeer verlig.
Vir meer oor primate sien ook:
|