Reptiele

 

Tuis|HomeWoudeOlifantePrimatePatagoniëRotseKapibaraVoëlsReptieleTroeteldiereHondeKatteSeisoeneWeerTuineBomeBlommeRoseTulpeLeliesInsekteAnder

Gratis Advertensies ** Free Ads

 

 Opgedateer: 25 Januarie 2010 ** Updated: January 25, 2010

Soek in hierdie webwerf  

 

Amfibieë en Reptiele

Vir meeste van ons bly reptiele en amfibieë maar grillerige en gevaarlike diere. Daar is baie diere in hierdie twee groepe en anders as wat mens dalk mag dink, is dit nie altyd so maklik om te onderskei tussen die groepe nie. Beide groepe is koudbloedig, met die uitsondering van enkele reptiele.

Amfibieë en reptiele, net soos soogdiere, visse en voëls vorm deel van die gewerwelde diere.

Amfibieë en Reptiele, padda**Amphibians and Reptiles, frog
Groter weergawe

 

Amfibieë sluit diere soos paddas, salamanders en ondergrondse akkedisse in. Reptiele omvat weer slange, krokodille, akkedisse en likkewane, asook skilpaaie.

Amfibieë gaan tipies deur verskeie metamorfoses, vanaf eiertjies wat in water gelê word en waterlewende onvolgroeide klein diertjies, wat onderwater asem kan haal, tot landdiere in die volwasse stadium. Daar is egter ook reënwoud-paddas, waar die paddavissie reeds in die eiertjie self ontwikkel en die diertjie as 'n klein paddatjie (nie paddavissie nie) verskyn as dit uit die eiertjie kom. Amfibieë kom in baie kleure voor wat bydra tot kamoeflering.

Salamanders, wat deel van die amfibiese groep is, verskil van paddas, omdat hulle langer lywe en ook sterte het. Tipies soos by geitjies en akkedisse, kan dié diertjies weer 'n stertgedeelte of ander liggaamsdeel, wat afval of beskadig was, hergroei.

Die grote ou brulpadda (Rana adspersa), Janblom (Breviceps) en die platanna (Xenopus laevis) is van Suid-Afrika se bekendste soorte paddas.

Noemenswaardig in die Salamandergroep is die reuse Sjinese Salamander wat tot 1.8 meter of 5 vt 9 duim lank word. Soos baie ander diere, is talle amfibiese soorte op die bedreigde spesielys, waarvan hierdie reusedier een is.

 

Amfibieë en Reptiele, skilpaaie**Amphibians and Reptiles, turtles
Groter weergawe

Reptiele kom in baie dele van die wêreld voor behalwe in Antartika. Reptiele sluit in: Krokodille, alligators, moeraskrokodille (gharials), kaaimanne, slange, koggelmander- en likkewaan-tipes en daarby is ook ingesluit verkleurmannetjies, asook skilpaaie en waterskilpaaie. Daar is byvoorbeeld besonder groot skildpaaie op die Galapagos-eilande.

 

In die krokodilgroep is die Nylkrokodil of Afrika-krokodil een van die grootste soort diere in die groep. Net soos amfibieë, lê reptiele ook eiers, maar sommige diere versorg ook hul
kleintjies, waaronder juis die Nylkrokodille. In die Krugerwildtuin is nog baie krokodille te sien.

Alligators is familie van die krokodille, maar kleiner en blykbaar minder geneig om mense aan te val. Dié groepe kom in die laer Chang Jiang Rivier in Sjina voor, asook in die moerasgebiede in Mississippi. Die soort wat mens in Mississippi kry, word ongeveer 4 meter lank, terwyl die soort in Sjina kleiner is. Alligators geniet die beskerming van 'n nasionale park wat in 1947 gestig is in die Everglades.

 

Almal ken die groot gevaar van slange. Tog is nie alle slange so uiters giftig soos die Amerikaanse ratelslang, die swart mamba of die adders nie. Dié diere kom in verskeie groottes en lengtes voor, maar daar is soorte wat tot 25 voet in lengte is soos luislange en anakondas. Noemenswaardig is dat slange nie ooglede of eksterne ore het nie, geskub is en in veelsydige kleure voorkom.

Nog diere in die reptielgroep is die likkewane. Hulle is baie groot diere en waarskynlik die bekendste in hierdie groep is die Komododrake van Indonesië.

Amfibieë en Reptiele ** Amphibians and Reptiles
Groter weergawe

 

Amfibieë en Reptiele ** Amphibians and Reptiles
Groter weergawe

As mens oor hierdie onderwerp gesels, kan jy nie anders as om te dink aan die oulike en pittige twee liedjies: Trapsuutjies en Die Bloukopkoggelmandermannetjie, wat deur een van Suid-Afrika se geliefde kunstenaars van weleer, Danie Pretorius, gesing was nie.

Die Bybel verwys ook dikwels na slange of "die slang", wat groot en in baie gevalle simboliese betekenis weergee.

 

Baie oulike spreekwoorde wat na hierdie soort diere verwys, kom ook in ons pragtige taal voor soos:

iemand huil krokodiltrane (aansitterige of geveinsde trane)
hy's 'n regte trapsoetjies (gesê van iemand wat maklik mantel swaai)
sy's 'n regte geitjie (humeurige persoon)
daar is 'n slang in die gras (iets verdags is aan die gang)

Amfibieë en reptiele bly 'n interessante deel van die diereryk wat die aardbol met ons deel. Die verskeidenheid van dié twee diergroepe is ongelooflik veelsydig en die moeite werd om te bestudeer en van nader te ondersoek.

 

 

Tuis|Home
Woude
Olifante
Primate
Patagonië
Rotse
Kapibara
Voëls
Reptiele
Troeteldiere
Honde
Katte
Seisoene
Weer
Tuine
Bome
Blomme
Rose
Tulpe
Lelies
Insekte
Ander

Tuis|HomeWoudeOlifantePrimatePatagoniëRotseKapibaraVoëlsReptieleTroeteldiereHondeKatteSeisoeneWeerTuineBomeBlommeRoseTulpeLeliesInsekteAnder

Die mens en sy dinge

Rekenaarwenke

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

     
ADSA Free Ads * ADSA Gratis Advertensies

ADSA Advertensie-Diens vir die Christelike gemeenskap (engeltjie en hondjie)

 Download Bibles

Bybels vir Aflaai

 

ADSA vir Klein Advertensies

ADSA © 1998-2010
Verontskuldiging ** Disclaimer

ADSA for Small Ads