|
 |
|
|
|
 |
Romantiese Rose Rose is een van
daardie mooi, romantiese blomsoorte wat baie gewild is en wat harte reg
oor die wêreld daagliks verbly. Selfs 'n siek mens kan
liries raak oor rose, want die geure en kleure is baie besonders. En met
name wat klink na musiek en kleure wat uitbundige en asemrowend is, is
dit ook geen wonder nie. Hier is die name van sommige van die pragtige
rose: Bettina, Blessings, Polar star,Tenerife, Golden Slippers, Laughter
Lines, Sea Pearl, Easter Morning, Handel,
Rainbow's End, |
|
|
|
Celestial, Belami, Golden Cascade, Double Delight,
True Love, Porcelain, Charisma en talle ander pragtiges. Daar is 'n
geur, kleur en grootte vir elke smaak. Daar is boon-op
ook nog talle soorte rose vir die kieskeurige tuinier. Daar is die
pragtige klein miniatuur-rosies wat hoofsaaklik huise, blombakke op die
patio, kantore en die siekekamer verfraai, maar daarmee saam ook nog 'n
hele aantal ander. Die struikrose, stamrose, kruiprose wat as handige
grondbedekkers dien, en die baie gewilde rank- of klimrose, is alles
deel van hierdie wonderlike blomsoort, genaamd rose. Dit
maak nie saak of dit van die edelrose is wat gekweek word vir skou
doeleindes, of dit van die mooi versorgde struikrose in die voortuin is,
of net van die oudtydse rankrose in oumagrootjie se agtertuintjie is
nie. Rose dra iets unieks by tot die omgewing. |
|
In antieke Krete en Egipte is afbeeldings van rose op
paleismure of in grafkelders of ander geboue gekry. Rose was ook al deel
van die formele tuine in die antieke Griekse tyd en die Romeine het
roosblare vir allerlei items of produkte en geleenthede benut. Op
beddens, op vloere, in medisynes, parfuums en voedsel. Die Romeine was
waarskynlik van die eerste volke wat rose in kweekhuise hanteer het.
Die Rosa Gallica en Rosa Alba uit dié area van Europa is glo die oeroue
voorouers waaruit hedendaagse veelsydige rose kom. |
 |
|
Natuurlik het die ooste ook sy eie soortige rose gehad deur die eeue.
Kruisings met die Chinese rose het gelei tot die pragtige verskeidenheid
van rose wat deesdae ons huise, tuine en omgewings so pragtig verfraai.
Rose is ook nie net nuttig as versierings nie, maar daar is ook
roossaad-konfyt, roosasyn, roosheuning en die blare kan gekristalliseer
word vir koekversierings. Pot-pourri is ook gewild vir laai-, kas- of
kamerverfrissers.
Dalk is 'n pragtige roos of drie net die perfekte dankiesê-geskenk vir
daardie baie spesiale en pragtige persoon wat jou lewe so mooi en lieflik
maak.
Meer inligting oor rose:
|
| |






















|