Seisoene

 

Tuis|HomeWoudeOlifantePrimatePatagoniëRotseKapibaraVoëlsReptieleTroeteldiereHondeKatteSeisoeneWeerTuineBomeBlommeRoseTulpeLeliesInsekteAnder

Gratis Advertensies ** Free Ads

 

 Opgedateer: 25 Januarie 2010 ** Updated: January 25, 2010

Soek in hierdie webwerf  

 

Seisoene

Seisoene is afgebakende tye met spesifieke kenmerke aan die dagligtyd, vogtigheid, temperatuur, plantegroei, die migrasie van diere, ens. Dit word primêr veroorsaak deur die aarde se posisie en oriëntasie ten opsigte van die son. Daarmee word verwys na die helling van die as waarom die aarde draai in 24 uur (een dag), tov die son, nie die afstand vanaf die son in sy elliptiese baan nie. Hierdie helling is ongeveer 23.5°. Hierdie as wys altyd in dieselfde rigting, sodat bv alle dele noord van die 66.5° breedtegraad in die noordelike halfrond (die Arktiese Sirkel) tydens die Desember-sonstilstand in donker gehul is.

Die wonderlike wêreld van die natuur: Seisoene
Jakarandaboom in lentedrag
Groter weergawe
 

Seisoene wissel verskillend af ten opsigte van die halfrondtes van die aarde. As dit lente en later somer is in die noordelike halfrond, is dit herfs en dan winter in die suidelike halfrond en anders om.

Die duidelik afgebakende tekens en groot wisselings van een seisoen na die ander, is ook meer prominent hoe verder die ligging van die ewenaar af is. Persone wat na aan die ewenaar bly se seisoene se oorgange smelt as't ware ineen, maar in dele soos Kanada, wat ver noord van die ewenaar lê, vertoon seisoene baie groot kontras.

Die presiese begin van seisoene word bereken deur astronomiese verwysingspunte. Dit word bepaal deur 4 punte, nl die dag-en-nag-ewening en die solstitium, wat die ellips van die aarde in 90° verdeel. Lente begin in die noordelike hemisfeer as die hoek van die ellips met die son presies 0° is (in Maart), die somer as dit op 90° is (in Junie), herfs as dit op 180° is (in September) en winter as dit op 270° (in Desember).

Die seisoene verskil in tydsduur, omdat die snelheid van die aarde om die son gedurende die jaar verander. Die snelheid van die aarde word deur die elliptiese baan, asook die wet van beweging, bepaal.

Daar is talle faktore wat inwerking het op die seisoene: Die feit dat die aarde sferies gevorm is, dat dit om sy eie as draai in ongeveer 24 uur, dat dit een keer per jaar rondom die son beweeg in 'n elliptiese baan, dat die as van die aarde effens skuins is tov die son, maar konstant bly, dat daar variasie van parallelle sonstrale in die atmosfeer van die aarde is, die son se afstand vanaf die aarde op 'n bepaalde stadium, die hoeveelheid  hitteverlies van die grond, rotse, mere en nog talle meer.

Elke seisoen het sy eie kenmerkende eienskappe.

 

Die wonderlike wêreld van die natuur: Seisoene
Herfstyd
Groter weergawe

Herfs

In die herfs begin bladhoudende bome soos denne kegels met vrugte en sade vorm. Bladwisselende bome se blare verkleur in geel, bruin, karmoesynrooi en olyfgroen en uiteindelik verloor hulle dan hul blare aan die einde van die herfs. Diere soos bere en grondeekhorings en talle ander diere wat in die winter hiberneer, begin al hoe meer voedsel inneem wat hul liggame sal help met die oorwinterings-proses. Voëls begin meer en meer in groepe byeenkom en migreer in groot troppe na warmer dele van die wêreld. Die veld raak goudbruin en grasse en bladwisselende struike verloor blare en verdor. Bolplante verloor hul blare en gaan in 'n slaaptoestand en eenjarige of seisoenplantjies gaan af.

 

Die daglig-ure begin al hoe minder raak en dit word saans vroeër donker. In baie lande is die daglig-besparingstegniek in gebruik. Dit beteken dat state en provinsies doelgerig die hul horlosies met 'n uur vroeër of later verstel. As dit herfs is, val die uur terug en as dit lente is spring die uur vorentoe. Hierdie tegniek help dat die dagligure meer nuttig aangewend kan word, maar beteken ook dat mense hul horlosies in die herfs en lente moet aanpas.

Die dagligure se wisseling is meer sigbaar by lande in die verre noorde en suide. By plekke soos die Nunavut-gebied is daar tye met daglig vir 24 ure per dag in die somer, terwyl dit daar ook vir 24 ure per dag donker is, vir dae aaneen in die winter.

   

Winter

In die winter daal die temperatuur en kan die weer vanaf ligte ryp tot diep swaar sneeu wissel na gelang van die tyd van die seisoen en weereens nagelang van die afstand van die ligging vanaf die ewenaar. By plekke in die trope en na aan die ewenaar, is die verskil in wisseling van temperatuur nie so groot nie, maar in lande soos Kanada en die noordelike dele van Europa en Asië, is daar soms groot sneeustorms. In Siberië kan die temperatuur tot so laag as -60°C daal.

In hierdie tyd is velddiere soos hasies en jakkalsies se pelse dik en spierwit en die diere wat hiberneer soos bere, talle knaagdiertjies en selfs sommige vlermuise, is rustig in hul winterslaap.

Die wonderlike wêreld van die natuur: Seisoene. Hasie in spierwit winterspelsie
Hasie in spierwit winterspelsie
Groter weergawe
 

Lente

Seisoenwinde of moesons is deur die ou skeepvaarders gebruik om die wêreld oor te seil en die ontdekking van lande is sodoende direk gekoppel aan die aanwending en benutting van seisoenwinde. Die seisoenwinde dui ook dikwels die begin van die lente aan. In die lente begin die warmer winde die sneeu smelt en wys die meerjarige plante al die eerste tekens van lewe na die lang koue winter.

 

Die wonderlike wêreld van die natuur: Seisoene. Pragtige lentebloeisels
Pragtige lentebloeisels
Groter weergawe

Bladwissellende bome se takke begin tekens van botsels toon en kort voor lank begin die bloeisels en blaarpuntjies hul koppies uitsteek.

Die tuinwinkels en kwekerye is dan gewoonlik oorlaai van rakke en rakke seisoenplantjies soos sneeuklokkies(Alyssiums), kappertjies (Nasturtiums), gousblomme (Calendulas), afrikanertjies (Marigolds), armmans-orgidees of splitblomme (Schizanthus), pronkertjies (Lythyrus) en talle ander. Tuine, parke en huise is vrolik kleurvol van blomme van alle soorte en kleure.

 

Insekte soos bye, vlinders, liewenheersbesies, kewers en talle ander insekte begin die tuin al hoe meer besoek vir nektar en stuifmeel en na die eerste lentereën begin die plante uitbundig groei.

Baie soorte voëls begin weer terugvlieg na die noorde waar dit nou warmer word, voëls begin nes maak en eiers lê en begin broei.

 

Somer

In die somer is dit heerlik warm en na gelang van waar mens woon, is dit 'n droeë of nat seisoen. Somertyd is meestal vakansietyd met aangename buite-aktiwiteite soos swem, fietsry, staptoere, piekniekhou, braaivleis, waterlemoen-eet en gesellige soel gesels-aande op die plaasstoep, waar mens rustig kan sit en luister na die naggeluide.

 

Somer is gewoonlik ook oestyd, want die koring- of mielielande, die boorde en die groentetuine se plante het are of vrugte en groente begin dra. Die dae is heerlik lank en diere is weer meer aktief in die veld waar jong bokkies en opgeskote rammetjies speel. Jong arende leer vlieg en uile swiep oor die vlaktes op soek na kos.

Binnekort sal die eerste tekens van herfs weer daar wees en begin die seisoensiklus weer van vooraf.

Die wonderlike wêreld van die natuur: Seisoene. Crocuses
Groter weergawe

 

Lees meer by:
 
www.saskschools.ca (Winterslaap (oorwintering/"hibernation") van diere)
www.gov.nu.cat/Nunavut (oor die middernagson)

Terug na ADSA

 

 

Tuis|Home
Woude
Olifante
Primate
Patagonië
Rotse
Kapibara
Voëls
Reptiele
Troeteldiere
Honde
Katte
Seisoene
Weer
Tuine
Bome
Blomme
Rose
Tulpe
Lelies
Insekte
Ander

Tuis|HomeWoudeOlifantePrimatePatagoniëRotseKapibaraVoëlsReptieleTroeteldiereHondeKatteSeisoeneWeerTuineBomeBlommeRoseTulpeLeliesInsekteAnder

Die mens en sy dinge

Rekenaarwenke

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

     
ADSA Free Ads * ADSA Gratis Advertensies

ADSA Advertensie-Diens vir die Christelike gemeenskap (engeltjie en hondjie)

 Download Bibles

Bybels vir Aflaai

 

ADSA vir Klein Advertensies

ADSA © 1998-2010
Verontskuldiging ** Disclaimer

ADSA for Small Ads