|
 |
|
|
| Seisoene Seisoene is afgebakende tye met spesifieke kenmerke
aan die dagligtyd, vogtigheid, temperatuur, plantegroei, die migrasie
van diere, ens. Dit word primêr veroorsaak deur die aarde se posisie en
oriëntasie ten opsigte
van die son. Daarmee word verwys na
die helling van die as waarom die aarde draai in 24 uur (een dag), tov die son, nie die afstand vanaf die son in sy elliptiese baan
nie. Hierdie helling is ongeveer 23.5°. Hierdie as wys altyd in
dieselfde rigting, sodat bv alle dele noord van die 66.5° breedtegraad
in die noordelike halfrond (die Arktiese Sirkel) tydens die Desember-sonstilstand in donker
gehul is. |

Jakarandaboom in lentedrag
Groter weergawe |
| |
|
Seisoene wissel verskillend af ten opsigte van die halfrondtes van
die aarde. As dit lente en later somer is in die noordelike halfrond, is
dit herfs en dan winter in die suidelike halfrond en anders om. Die duidelik afgebakende tekens en groot wisselings van een seisoen na die
ander, is ook meer prominent hoe verder die ligging van die ewenaar af
is. Persone wat na aan die ewenaar bly se seisoene se oorgange smelt
as't ware ineen, maar in dele soos Kanada, wat ver noord
van die ewenaar lê, vertoon seisoene baie groot kontras. Die presiese begin van seisoene word bereken deur astronomiese
verwysingspunte. Dit word bepaal deur 4 punte, nl die dag-en-nag-ewening
en die solstitium, wat die ellips van die aarde in 90° verdeel. Lente
begin in die noordelike hemisfeer as die hoek van die ellips met die son presies 0° is
(in Maart), die somer as
dit op 90° is (in Junie), herfs as dit op 180° is (in September) en winter as dit op 270°
(in Desember). Die seisoene verskil in tydsduur, omdat die
snelheid
van die aarde om die son gedurende die jaar verander. Die snelheid van die aarde
word deur die elliptiese baan, asook die wet van beweging, bepaal. Daar is talle faktore wat inwerking het op die seisoene: Die feit
dat die aarde sferies gevorm is, dat dit om sy eie as draai in ongeveer 24 uur,
dat dit een keer per jaar rondom die son beweeg in 'n elliptiese baan,
dat die as van die aarde effens skuins is tov die son, maar
konstant bly, dat daar variasie van parallelle sonstrale in die
atmosfeer van die aarde is, die son se afstand vanaf die aarde op 'n
bepaalde stadium, die hoeveelheid hitteverlies van die grond,
rotse, mere en nog talle meer. Elke seisoen het
sy eie kenmerkende eienskappe. |
| |
|
 Herfstyd
Groter weergawe |
Herfs In die herfs begin bladhoudende bome soos denne kegels met vrugte en
sade vorm. Bladwisselende bome se blare verkleur in geel, bruin,
karmoesynrooi en olyfgroen en uiteindelik verloor hulle dan hul
blare aan die einde van die herfs. Diere soos bere en grondeekhorings en
talle ander diere wat in die winter hiberneer, begin al hoe meer voedsel
inneem wat hul liggame sal help met die oorwinterings-proses. Voëls
begin meer en meer in groepe byeenkom en migreer in groot troppe na
warmer dele van die wêreld. Die veld raak goudbruin en grasse en
bladwisselende struike verloor blare en verdor. Bolplante verloor hul
blare en gaan in 'n slaaptoestand en eenjarige of seisoenplantjies gaan
af. |
| |
|
Die daglig-ure begin al hoe minder raak en dit word
saans vroeër donker. In baie lande is die daglig-besparingstegniek in
gebruik. Dit beteken dat state en provinsies doelgerig die hul horlosies met 'n
uur vroeër of later verstel. As dit herfs is, val die uur terug en as dit
lente is spring die uur vorentoe. Hierdie tegniek help dat die
dagligure meer nuttig aangewend kan word, maar beteken ook dat mense hul
horlosies in die herfs en lente moet aanpas. Die
dagligure se wisseling is meer sigbaar by lande in die verre noorde en
suide. By plekke soos die Nunavut-gebied is daar tye met daglig vir 24 ure
per dag in die somer, terwyl dit
daar ook vir 24 ure per dag donker is, vir dae aaneen in die winter. |
| |
|
|
Winter In die winter
daal die temperatuur en kan die weer vanaf ligte ryp tot diep swaar
sneeu wissel na gelang van die tyd van die seisoen en weereens nagelang
van die afstand van die ligging vanaf die ewenaar. By plekke in die
trope en na aan die ewenaar, is die verskil in wisseling van temperatuur
nie so groot nie, maar in lande soos Kanada en die noordelike dele van
Europa en Asië, is daar soms groot sneeustorms. In Siberië kan die temperatuur tot so
laag as -60°C daal. In hierdie tyd is velddiere soos hasies en jakkalsies se pelse dik en
spierwit en die diere wat hiberneer soos bere, talle knaagdiertjies en
selfs sommige vlermuise, is rustig in hul winterslaap. |

Hasie in spierwit winterspelsie
Groter weergawe |
| |
|
Lente Seisoenwinde of moesons is deur die ou
skeepvaarders gebruik om die wêreld oor te seil en die ontdekking van
lande is sodoende direk gekoppel aan die aanwending en benutting van
seisoenwinde. Die seisoenwinde dui ook dikwels die begin van die lente
aan. In die lente begin die warmer winde die sneeu smelt en wys die
meerjarige plante al die eerste tekens van lewe na die lang koue winter. |
|
 Pragtige lentebloeisels
Groter weergawe |
Bladwissellende bome se takke begin tekens van botsels
toon en kort voor lank begin die bloeisels en blaarpuntjies hul koppies
uitsteek. Die tuinwinkels en kwekerye is dan gewoonlik
oorlaai van rakke en rakke seisoenplantjies soos
sneeuklokkies(Alyssiums), kappertjies (Nasturtiums), gousblomme
(Calendulas), afrikanertjies (Marigolds), armmans-orgidees of
splitblomme
(Schizanthus), pronkertjies (Lythyrus) en talle ander. Tuine, parke en
huise is vrolik kleurvol van blomme van alle soorte en kleure. |
| Insekte soos bye, vlinders, liewenheersbesies,
kewers en talle ander insekte begin die tuin al hoe meer besoek vir
nektar en stuifmeel en na die eerste lentereën begin die plante
uitbundig groei. Baie soorte voëls begin weer terugvlieg na die noorde
waar dit nou warmer word, voëls begin nes maak en eiers lê en begin
broei. |
|
Somer In die somer is dit
heerlik warm en na gelang van waar mens woon, is dit 'n droeë of nat
seisoen. Somertyd is meestal vakansietyd met aangename buite-aktiwiteite
soos swem, fietsry, staptoere, piekniekhou, braaivleis, waterlemoen-eet
en gesellige soel gesels-aande op die plaasstoep, waar mens rustig kan sit
en luister na die naggeluide. |
|
Somer is gewoonlik ook oestyd, want die koring- of
mielielande, die boorde en die groentetuine se plante het are of vrugte
en groente begin dra. Die dae is heerlik lank en diere is weer meer
aktief in die veld waar jong bokkies en opgeskote rammetjies speel. Jong
arende leer vlieg en uile swiep oor die vlaktes op soek na kos. Binnekort sal die eerste tekens van herfs weer daar wees en begin die
seisoensiklus weer van vooraf. |

Groter weergawe |
|
|
|
Lees meer by:
|
|
 |
|
 |
|
|
| |






















|