|
Tuine kom in baie vorms en style. Dit
kan begin by enkele blombakke met kappertjies, malvas of kruie op 'n
sonnige vensterbank, of mooi huisplante in 'n binnehoftuin of voorportaal,
tot by die bekendste formele tuine van die wêreld wat akkers beslaan.
Daktuine se waarde om die omgewingshitte teë te werk
en die omgewingsbewaring te bevorder word deesdae intensief ondersoek.
Sommige stede begin nou al hoe meer van daktuine gebruik maak om
hitte teë te werk. Slegs enkele
balkonblombakke kan die woonstelbewoner se balkon pragtig versier en
daardie tikkie uniekheid aan die balkon verskaf, of dit nou met
dwergpalms of met gesiggies of mooi angeliere beplant is. 'n Pragtige
tuin dra baie by tot die waarde van 'n omgewing en eiendom.
Sommige groot gebou-ontwerpe sluit ook deesdae al hoe
meer natuurlike plant-areas in en groot winkelsentrums het die waarde
van eetplekke in pragtige tuin-omgewings, direk in hul
winkelkompleks, begin waardeer en gebruik.
|

Kliek foto
vir groter weergawe |
Die waarde van die
gewerskaf in die tuin vir ontspanning, is bekend en dié wat
dit nog nie probeer het nie, verloor regtig 'n wonderlike
ervaring. Daar is byvoorbeeld groepe wat bejaarde tuiniers
saam met jong kinders die tuine laat ontwikkel. So 'n
groepspoging bring baie plesier vir beide die bejaarde, wat
sodoende kennis kan oordra en sosiaal weer kan deelneem aan
'n groeps-ontwikkelingsprojek, asook die kinders wat die
samesyn geniet en baie op die koop toe kan leer en te wete
kom by die ouer garde. |
Die afhanklikheid van voedsel vir stede en
gemeenskappe van groot kwekerye en boerderye is al hoe meer duidelik as
mens na al die verskeidenheid vrugte, groente, kruie en plante kyk wat
deesdae in die mark aangebied word. Hier speel dinge soos
kweekhuistonnels, hidroponika en ander kweekmetodes vir vrugte, groente
en kruie 'n groot rol.
Die belangrikheid van tuine as deel van
herstel-oorde, by hospitale en gesondheidsoorde word ook algemeen
aanvaar en pragtige tuine maak dikwels deel uit van sulke plekke se
ontwikkeling. Dit bied rustige en aangename areas wat ideaal is vir
genesing.
Herinneringstuine bied geleentheid vir
introspeksie en parke kan heerlike ontspanning vir gesinne en hul
troeteldiere bied, om nie eers te praat van fotografie-entoesiaste nie.
| Die besigtiging van bekende tuine het
so gewild geraak dat toere gereeld gehou word. Hoewel tuine
van die ooste en weste nogal verskil, bly die essensie van
die doel van 'n tuin basies dieselfde. Dit is dat blomme,
bome, plante, struike en tuinkuns en ornamente soos potte,
kruike, figure, klokke, sonhorlosies, asook ander versierings
soos boë, brûe, fonteine, somershuisies en pilare, ens.
aangewend word om 'n rustige en estetiese atmosfeer te skep,
waar die gees en siel weer verkwik kan word. Bekende
tuiniers of tuinbouers was oa mense soos John Tradescant, Andre
le Nôtre, William Robinson en Gertrude Jekyll. Baie bekende
tuine kom regoor die wêreld voor. Sien 'n lysie van sulke
bekende tuine hieronder. |

Kliek foto
vir groter weergawe |
As mens alles wil leer wat daar te leer is van tuine
en die hantering van plante, bome, struike, rankplante, groete en
vrugte, blombakke en huisplante, grond, water, insekte en ander
tuinlewe, moet jy maar weet dat jy lewenslank ingeskryf is by daardie
skool. Benewens al die duisende dinge wat tuine reeds deur eeue gebied
het, word daar baie nuwe biologiese en tegnologiese dinge ontdek en
hibrides geskep en ontwikkel wat die tuin 'n feesplek maak. Dit wag net
vir die gewillige hande om die ruimte en geleenthede te benut.

Lys van bekende tuine
Die
bekende
kinderverhaalskrywer
Beatrix Potter
se huis en tuin
in Skotland.
Besoek enige van
die volgende 2
skakels:
|
Kirstenbosch
Botaniese Tuine
(Kaapstad) |
Pretoria
se Nasionale
Botaniese Tuine |
Tuine
by Versailles
(Parys) |
|