Voëls

 

Tuis|HomeWoudeOlifantePrimatePatagoniëRotseKapibaraVoëlsReptieleTroeteldiereHondeKatteSeisoeneWeerTuineBomeBlommeRoseTulpeLeliesInsekteAnder

Gratis Advertensies          Free Ads

 

 Opgedateer: 24 Januarie 2012 ** Updated: January 24, 2012

Soek in hierdie webwerf  

 

Voëls: Rooi Macaw
Groter weergawe

Gevleuelde Vriende

Voëls is sekerlik een van die veelsydigste groepe van die diereryk. Hierdie groep diere is warmbloedig, nes soogdiere, maar word onderskei, omdat hulle vere het en eiers lê. Dit is wel so, dat visse en reptiele ook eiers lê, maar voëls se eiers het harde doppe.

 

Voëls kom in verskillende groepe soos waadvoëls, sangvoëls, roofvoëls, ens voor en baie families bestaan waar onder andere die pragtige rats en vaartbelynde swaeltjies, die langbeen kraanvoëls, kragtige arende, valke en uile, die eienaardige hammerkop, die hoep-hoepe met hul snaakse kammetjies, glasogies met hul koddige ronde lyfies, troupante met die pragtigste kleure en nog talle-talle meer.

Voëls kan op een plek bly, of kan deel wees van die groepe wat seisoenaal migreer na warmer of voedselryke oorde. Voëls se warmbloedigheid help hulle om baie koue weer te oorleef, soms selfs beter as soogdiere. Voëls se skelet is baie lig, omdat gedeeltes daarvan hol is en dít, tesame met vere en talle ander dinge, help hierdie diere om te kan vlieg.

Voëls kan baie goed sien en die oë kan óf weerskante van die kop wees soos by hoenders, of aan die voorkant soos by uile. Daar bestaan nie 'n oorskulp by voëls nie, maar in sommige gevalle, soos by uile, help die vere rondom die ore om die klank beter te kanaliseer.

 

'n Magdom van verskeidenheid snawels kom voor. Die snawels van saadvreters is kort en bonkig, dié van visvreters lank en soms gekrom soos by die kakelaar. Flaminke het spesiale "siffies" in die snawels om die kos beter te vang, pelikane 'n lang, diep bek om vis mee op te skep, die speg 'n "kussing" in die voorkop direk agter die snawel om die harde getik van sy snawel te buffer, die bontelsie en Amerikaanse avoset opwaartse gekromde snawels om kos beter te kan opskep en te sif en nog talle ander sulke eienskappe.

Voëls: Veelkleurige Troupand
       Groter weergawe

 

Die kloue is ook besonder doelmatig. Die waadvoëls het meestal gewebde pote om te help met die swemmery. Dit sluit in eende, ganse, swane en baie soorte seevoëls. Saadvretertjies het klein kloutjies wat maklik aan grashalms en takkies kan vasklou, nog ander soos die roofvoëls wat insluit arende, valke, jakkalsvoëls, woue, paddavreters, sperwers en al die soorte aasvoëls, het kragtige kloue waarmee hulle 'n prooi kan gryp, deurboor en verskeur.

Sommige voëls soos eende, kormorante, seevoëls soos pikkewyne en party visvangertjies kan diep duik en die vlerke amper soos spane of roer gebruik.

Voëls verskil baie van omgewing na omgewing. Daar is baie voëls wat kenmerkende is van net sekere lande en streke en selfs as embleme of deel van 'n provinsie se vlag vorm. Die kiwi wat Nieu-Seeland voorstel, is so 'n voorbeeld.

Voëls kan meestal vlieg, maar daar is 'n paar soorte wat nie kan vlieg nie. Die volstruis, kiwi, emu, rhea en pikkewyne is almal voëls wat nie kan vlieg nie.

Die neste van voëls is ook baie verskillend van mekaar. Sommiges gebruik net 'n uitgekalfde rots of plat stuk grond soos baie van die pikkewyne, ander bou neste met stokkies en takkies, nog ander weef ingewikkelde nessies soos die vinkies en ander bou neste in ou of uitgeholde boomstompe. Party bou gemeenskaplike neste soos wewers en ander weer, bou neste met modder soos swaeltjies. Net soos die neste, verskil eiers in grootte, kleur, vorm en uitbroeityd.

Etlike voëls soos parakiete, kanaries, kokketiele en papegaaie is deur die jare as troeteldiere aangehou. Posduiwe en selfs patrysies en kwartels is ook deel van hierdie groep.

Nie alleen baat die natuur by die wonderlike verskeidenheid voëls nie, maar baie mense vind die waarneming van voëls in hul natuurlike habitat en die bestudering van dié diere hoogs interessant en baie ontspannend. 'n Heerlike stokperdjie wat die ure vul met nuwe wonder vir die lewe en die natuur. Fotograwe weet ook watter uitdaging dit is om voëls te probeer fotografeer en goeie foto's van hulle geneem te kry.

 

Gevleuelde Vriende. Pragtige swart swaan
Groter weergawe

Daar is so baie besonderhede oor hierdie diere dat mens sekerlik 'n hele ensiklopedie met gemak sou kon saamstel, en met die gerieflike toegang na inligting op die Internet, raak dit al hoe makliker om meer van hierdie besondere groep te wete te kom. Hulle bly beslis van die wonderlikste diere wat die planeet met ons deel en hul unieke kwaliteite word nog daagliks deur wetenskaplikes en Jan Alleman ontdek en bewonder.

 

Dankie vir mense soos Austin Roberts en John James Audubon wat hul uitgebreide kennis oor hierdie onderwerp met ons deur die jare gedeel het.

 

Skakels met meer inligting oor voëls:

www.whatbird.com
www.birdlist.org
www.ornithology.com/identification
www.ornithology.com
www.birdlife.org.za
www.birding.com
www.birding.com/checklists
www.flyingemu.com

 

 

Tuis|Home
Woude
Olifante
Primate
Patagonië
Rotse
Kapibara
Voëls
Reptiele
Troeteldiere
Honde
Katte
Seisoene
Weer
Tuine
Bome
Blomme
Rose
Tulpe
Lelies
Insekte
Ander

Tuis|HomeWoudeOlifantePrimatePatagoniëRotseKapibaraVoëlsReptieleTroeteldiereHondeKatteSeisoeneWeerTuineBomeBlommeRoseTulpeLeliesInsekteAnder

Die mens en sy dinge

Rekenaarwenke

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

     
ADSA Free Ads * ADSA Gratis Advertensies

arkpark.net

dieknoop.info

piazza

 

ADSA Advertensie-Diens vir die Christelike gemeenskap (engeltjie en hondjie)

 Bekering

Download Bibles

Bybels vir Aflaai

 

ADSA vir Klein Advertensies

ADSA © 1998-2012
Verontskuldiging ** Disclaimer

ADSA for Small Ads