|
Die diere in die natuur het hul eie manier van bewuswording van
snaakse en gevaarlike weersomstandighede wat aan die kom is. So weet bv. haaie, dat as die
drukking vinnig val, daar ongure weer aan die kom is en hulle beweeg dan dieper die see in
en weg van die kus af. Sommige honde raak glo meer onrustig en katte kriewelrig. Mense
maak deesdae al hoe meer gebruik van apparate soos lugballonne, satteliete, rekenaars,
windlaaiers en goeie personeel en vrywillige deelnemers om bv. temperatuur, lugdruk,
seestrome, humiditeit, reën- of sneeuval te meet. Een deel van hierdie span is ook die
stormjaers: daardie vreemde groep mense wat so gefassineer is met storms, dat hulle
gedurig probeer om al hoe meer met geweldige tornado's of orkane kennis te maak.
Wie kan nie anders as om verstom te staan en kyk hoe sommige videobeelde groot
weerfronte oor 'n kontinent met behulp van sattelietfoto's vertoon nie. En nog meer, dit
is ook nie net die aarde se weer waarna gekyk kan word nie, maar daar was tot al weer
navorsing oor dié van Mars en ander dele in die ruimte. Die weer 'n vervelige
onderwerp? Ek glo nie.
Meer inligting by:
|