Woude

 

Tuis|HomeWoudeOlifantePrimatePatagoniëRotseKapibaraVoëlsReptieleTroeteldiereHondeKatteSeisoeneWeerTuineBomeBlommeRoseTulpeLeliesInsekteAnder

Gratis Advertensies ** Free Ads

 

 Opgedateer: 25 Januarie 2010 ** Updated: January 25, 2010

Soek in hierdie webwerf  

 

Die wonderlike wêreld van die natuur: Oerangoetang

Woude: Wonderlike skatkamers

Of dit nou oerwoude, woude, reënwoude of groot bosagtige natuurgebiede is met pragtige mere, helder waterstrome of bruisende watervalle, woude is wonderlike plekke met veel meer as net 'n klompie bome en plante. Woude is ingewikkelde ekosisteme wat die klimaat en atmosfeer van ons wonderlike planeet help bewaar en verfris.

Van die dag af wat Adam die diere moes name gee (Genesis 2 vers 19) tot vandag toe het die mens 'n verantwoordelikheid in sy verhouding teenoor die natuur.

Daar kom talle woude regoor die wêreld voor. Die Amazone-oerwoude, die oerwoude in Nepal waar die pragtige tier voorkom, woude in die streke by die ewenaar en woude op eilande soos die Indonesiese woude wat nog oerangoetangs huisves.

 

Daar is reuse woude van Suid-Amerika en ook in dele van Kanada. Daar is die bekende Swartwoud in Europa en die pragtige Knysna-woude met sy olifante en groen Knysnaloerie aan die Suidpunt van Afrika. Die Savanna-agtige woude soos dié in Ethosha en Kenia is ook oor die wêreld bekend vir hulle besondere wild- en watersisteme.

Hoewel groot gedeeltes van woude byna daagliks afgekap en misbruik word, het daar tog nog mooi dele tot nou toe oorgebly, maar dit is haas aan die verdwyn. Ten spyte van klagtes uit gemeenskappe bly die vermorsing net stelselmatig voortgesit. Sonder skaamte en sonder keer. Ontbossing, die onnodige vermorsing van hout en die wanaanwending van hierdie pragtige dele van die aarde is tot ons mensdom se skande. Talle soogdiere, voëls, insekte, slakkies, spinnekop-soorte, reptiele, plante, blomme en oeroue bome sterf uit omdat die habitat nie bewaar word nie. Of dit nou die bere in Kanada is, die koalas in Australië, die pandas in China, die lemurs in Madagaskar of die klein buideldiertjies van reg oor die aarde is. Die woude en hul bewonders kreun onder ons mensdom se selfsugtigheid.

Wie weet watter onontginde oorlewingsmiddele, vreugdes en wonders daar in die woude vir die mens is. Maar met stootskrapers, groot boomsaagmasjiene en die gierigheid van enkelinge, sal die woude binnekort net iets in die geskiedenis wees.

 

Hoe kan die gewone burger teen hierdie onnodige vermorsing en vernietiging iets verrig? Die enkeling kan help deur by die huis te begin. Staak die onnodige vermorsiong van hout en hout-produkte. Volg herwinnings-programme en as daar nie in u omgewing so 'n program is nie, begin dan een. Stuur eposse in plaas van papier, plant bome in u omgewing, verfraai parke en tuine in u woonbuurt saam met ander vrywillige helpers. Beveg persone wat net wil vernietig en afbreek en net nog 'n vervelige ou gebou opsit wat soos duisende ander lyk.

Die wonderlike wêreld van die natuur:Sequoia

 

Leer kinders oor die waarde van ontspanning in die natuur. Stilte en rus in die natuur kan die gees verkwik. Praat met mense oor die wonderlike diere- en planteryk in woude. Ondersteun mense en organisasie wat hierdie gedagte met u deel en daaroor saamstem. Skryf, maak liedjies, teken en verkondig die bewaring van die kosbare natuur.

'n Bekende skrywer Rachel Carson het een maal gesê: "The more clearly we can focus our attention on the wonders and realities of the universe, the less taste we shall have for destruction."

Mens kan ook maar net beaam wat Martin Luther eenmaal oor bome gesê het: "For in the true nature of things, if we rightly consider, every green tree is far more glorious than if it were made of gold and silver."

Meer oor woude:

www.srl.caltech.edu (Reënwoude)
www.borealforest.org (Noorder woude)
www.fs.fed.us (Seqoia, Redwood)

Terug na ADSA

 

 

Tuis|Home
Woude
Olifante
Primate
Patagonië
Rotse
Kapibara
Voëls
Reptiele
Troeteldiere
Honde
Katte
Seisoene
Weer
Tuine
Bome
Blomme
Rose
Tulpe
Lelies
Insekte
Ander

Tuis|HomeWoudeOlifantePrimatePatagoniëRotseKapibaraVoëlsReptieleTroeteldiereHondeKatteSeisoeneWeerTuineBomeBlommeRoseTulpeLeliesInsekteAnder

Die mens en sy dinge

Rekenaarwenke

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

     
ADSA Free Ads * ADSA Gratis Advertensies

ADSA Advertensie-Diens vir die Christelike gemeenskap (engeltjie en hondjie)

 Download Bibles

Bybels vir Aflaai

 

ADSA vir Klein Advertensies

ADSA © 1998-2010
Verontskuldiging ** Disclaimer

ADSA for Small Ads